South African Birds
  
 
 
 
 

 
 

Welkom aan alle fotograwe en voël liefhebbers

 

Suid Afrika het baie soorte pragtige voëls. Ons het groot geword met al die pragtige volksname van die voëls wat ons in ons ouer huise geleer het. Bottergatte, muisvoëls, houtkappers, mossies, glasogies, kiewiete ens.

Maar wat sien ons vandag afrikaans sprekendes voëlkykers wat met engelse voël boeke hoogdrawend engelse name aanhaal! Maar wat is meer pragtig as die name in jou eie moedertaal!

Sasol se Voëls van Suider-Afrika is 'n pragtige leersame naslaangids vir Afrikaans sprekendes! Dankie aan julle vir die boek! Ons kinders en kleinkinders leer weer die volksname van die voëls!

Hierdie webtuiste word opgedra aan my vrou Frieda Prinsloo wat as fotograaf leef vir haar geveerde vriende! Die wat sy daagliks voer en al die vreemde voëls wat sy opgewonde oor praat wanneer hulle haar tuin besoek Die meeste voëls in die albums is deur haar afgeneem.

Dan ook aan al die lede van die SA Digitale Kameraklub en al die ywerige voël fotograwe in Suid Afrika.

Jan Prinsloo

 

 

 

Lede se eie fotos

Sluit aan by SA Voëls by Lede se eie inskrywings webblad. (Gratis)

Lede mag 5 inskrywings 'n maand byvoeg. Julle kan ook gerus kommetaar byvoeg waar julle die voëls afgeneem het asook kommetaar by ander inskrywings.

Hou kommetaar positief.

Geniet dit.

Hulp met fotos oplaai (upload)